Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Van die deelnemers aan die George Africa Tens sport- en leefstylfees wat Donderdag 15 Desember, begin en tot Sondag 18 Desember duur kan studiebeurse wen.
Dit is die derde keer dat die fees aangebied word. Rugby (10-kode rugby - mans en vroue) is die hoofdis, maar daar sal ook in gholf, netbal, strandvlugbal, raakrugby, veldlope en bergfietswedrenne meegeding word.
Stefan Hattingh, propjekbestuurder van die Africa Skill George Tens het Woensdagoggend gesê dis belangrik om die gemeenskap bymekaar te bring.
Hy is tydens ‘n onderhoud bygestaan deur Elsie Harmse, hoof van Africa Skills en Ig van der Merwe, een van die organiseerders van die Tens.
Volgens Hattingh is dit belangrik dat die gemeenskap nie net deur sport bymekaar gebring word nie, maar ook deur opleiding.
VIDEO: Deelnemers kan beurse ontvang
Africa Skills is een van die borge van die geleentheid en gee ses beurse. “Ons wil plaaslik ‘n verskil maak. Die waarde van die beurse beloop R350 000.” Dis vir seuns/dogters en mans/vroue tussen die ouderdomme van 18 en 27 jaar.
Twee daarvan is vol beurse vir ambagsopleiding soos byvoorbeeld elektrisiënskap . Die res is vir besigheidstudies.
Suksesvolle kandidate sal deur ‘n seleksiepaneel uit die deelnemers gekies word. ‘n Aankondiging daaroor sal Sondag gemaak word.
’n Sewende beurs kan deur een van die deelnemers in die gholf gewen word wat vandag plaasvind. Die gedagte is dat die deelnemers dit aan iemand kan skenk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'