GEORGE NUUS - Blue Back Boogie het die rolbalbaan blou geverf in die Boardware Love 4 Vintage-someriga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub deur Hot Stuff van hul troontjie te stoot en die voortou op die punteleer in te neem.
Ricoh het ook goed gevaar deur Angels te klop en die tweede plek in te neem terwyl Vorster Motors en Hereford Group George ook hul onderskeie wedstryde in die tweede ronde gewen het. Hulle neem nou onderskeidelik die derde en vierde plekke op die punteleer in.
Vanaand (Donderdag) daag Ricoh vir Blue Back Boogie uit om die eerste plek terwyl Hereford Group George en Vorster Motors teen mekaar te staan kom.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en alle belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon.
Die klub berei ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Deelnemende spanne word ook aangemoedig om Dinsdae op eie stoom te gaan rol en op te skerp vir die kompetisie.
Uitslae:
1 Blue Back Boogie 24; 2 Ricoh 24; 3 Vorster Motors 23; 4 Hereford Group George 22; 5 MDL 22; 6 Supporters 21; 7 KTV 20; 8 Hot Stuff 20; 9 Total Gas 19; 10 JDL Printing 18; 11 Angel's 17; 12 Mend a Bath 17; 13 Halfway Toyota 17; 14 4 Musketeers 17; 15 Kommaweer Stoffeerders 16; 16 Boardware 16; 17 Odd Balls 16; 18 Disasters 16; 19 Bowling Stones 15; 20 Bruwer Reynolds Prokureurs 14; 21 Shell Kraaibosch 13; 22 Jack's Paint and Hardware 11; 23 Mac Dee Hops 11; 24 Agterste Speen 10; 25 Just Property 8; 26 Die Miskruiers 8; 27 Pik 'n Wyn 8; 28 Roux Prokureurs 5.
Wedstrydlys:
Kommaweer Stoffeerders t Boardware; Odd Balls t Disasters; Bowling Stones t Bruwer Reynolds Prokureurs; Shell Kraaibosch t Jacks Paint & Hardware; Mac Dee Hops t Agterste Speen; Just Property t Die Miskruiers; Pik 'n Wyn t Roux Prokureurs; Ricoh t Blue Back Boogie; Vorster Motors t Hereford Group George; MDL t Supporters; KTV t Hot Stuff; Total Gas t JDL Printing; Angel's t Mend a Bath; Halfway Toyota t 4 Musketeers.
Pik 'n Wyn, die span van Penquin Gas, se spanlede is van links: Martin Hartung, Annerie Hartung, Tammy Bosman en Riaan Bosman.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'