Gallery
GEORGE NUUS - Die jaarlikse tweestryd tussen Laerskool Blanco en Laerskool Denneoord het op 26 Mei op die sportvelde van Laerskool Blanco afgespeel. Dit was 'n sonnige dag wat die tafel gedek het vir voortreflike spel op die rugby- en netbalvelde.
Die leerders, ouers en onderwysers het die dag baie geniet, en goeie sportsmangees het hoogty gevier.
Die uitslae was as volg:
RUGBY:
- o. 7 Blanco wen
- o. 8 Gelykop
- o. 9 Blanco wen
- o. 11 Blanco wen
- o. 13 Dennoord wen
NETBAL:
- o. 7 Blanco wen
- o. 8 Denneoord wen
- o. 9 Blanco wen
- o. 10 Blanco wen
- o. 11 Denneoord wen
- o. 12 Blanco wen
- o. 13 Denneoord wen
'n Stormlopie deur Hendrik Lochner.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'