Gallery
TUINROETE SPORT NUUS - Eden-driekamp het verlede naweek op Groot-Brak sy derde TSA gesanksioneerde ligabyeenkoms van die seisoen aangebied.
Dié byeenkoms het ook gedien as die Eden-kampioenskappe en die span wat Eden by die SA's sal verteenwoordig sal binnekort bekendgemaak word.
Daar is in drie afstande deelgeneem: Super naelren (super sprint), naelren (sprint) en standaard (Olimpiese afstand).
Atlete vanuit die Suid-Kaap, tot sover as Struisbaai, was in aksie.
Heelwat nuwe atlete het vir die eerste keer deelgeneem aan hierdie gewilde Olimpiese sport.
Fotogalery: Eden driekamp op Groot Brakrivier
Die volledige podium uitslae was as volg:
Standaard-afstand (1500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
Mans:
1. Marsel Roos (2:19:24)
2. Gerrie Beukes (2:22:55)
3. Tim Toovey (2:24:21).
Vroue:
1. Chrissie Viljoen (2:51:06)
2. Esmarie Cronje (2:54:41)
3. Madré van Zyl (2:57:32).
Spankompetisie:
1. The Pacemakers (2:16:40)
2. Springhase (2:19:36)
3. The Over 40's (2:31:49).
Naelren (sprint) (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
Mans:
1. Christian Hattingh (1:07:58)
2. Siemon Joubert (1:10:05)
3. Llewelyn Viljoen (1:14:46).
Vroue:
1. Anel van Wyk (1:25:29)
2. Sunet Liebenberg (1:27:50)
3. Jessica Devine (1:27:56).
Spankompetisie:
1. Span LGS (1:42:40).
Super naelren (super sprint) (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):
Mans/Seuns:
1. Josua Vorster (0:41:22)
2. Sebastian Swart (0:42:55)
3. Gerhard Gouws (0:44:08).
Vroue/dogters:
1. Lome Gouws (0:43:54)
2. Teresa Bester (0:46:06)
3. Karli Lötter (0:49:31).
Die datum vir die volgende byeenkoms sal binnekort bekendgemaak word. Belangstellendes kan Eden Triathlon se Facebook blad besoek vir meer inligting of vir Corné Hattingh bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'