ROLBALNUUS - Eden Nomads het 'n baie suksesvolle toernooi by die Sedgefield-rolbalklub gehou waartydens die Living Cornerstone vir Alzheimer-pasiënte op Sedgefield 'n kontant donasie en nie-bederfbare voedsel ontvang het.
Die wenners van die Sky-High geborgde toernooi was Johan van Aswegen, Vilma Brown en Susan Meyer terwyl Cheryl Nurse, Neels Theron en Sandra Axsel die naaswenners was.
Verskeie ander pryse is ook oorhandig wat in die gelukstrekking gewen is.
Die wenner van aartappel-prys was Ian Smith van Sedgefield en die tamatie-prys is deur Margaret Burger gewen. Die pryse is deur Groot-Brak Spar geborg.
Die naaswenners van die toernooi was van links: Cheryl Nurse, Neels Theron en Sandra Axsel wat hier met hul pryse staan.
Die pryswenners in die toernooi was van links: Johan van Aswegen, Vilma Brown en Susan Meyer wat hier by die president van Eden Nomads wat die pryse oorhandig het, Sandra Axsel (regs), verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'