GEORGE KARATE-NUUS - Agt karateka van die Karate Do International George (5) en Klein Karoo Dojo (3) het ná afloop van die Eden-proewe gekwalifiseer om verlede naweek in Stellenbosch aan die SA Sports Martail Arts-kampioenskappe se "Destiny 2019" deel te neem.
Die agtstuks, onder leiding van hulle afrigter, sensei Wouter Pretorius (4de dan), het almal goed gepresteer in dié strawwe kampioenskap teen studente van oor die hele Suid-Afrika en almal gekwalifiseer om in Junie 2020 aan die Wêreldkampioenskappe in Orlando Florida in die VSA deel te neem.
Diegene wat dit wel kan bekostig om na die VSA te reis, sal óf Presidensiële óf Proteakleure ontvang
Die George Dojo se presteerders was:
Tradisioneel kata
- Marissa Nunns (10): Geel tot groen belt - Goud (Holy Cross Primary).
- Jeandré Swart (12): Geel tot groen belt - Goud (Laerskool George-Suid).
- Jacques Dreyer (30): Wit tot groen belt - Silwer.
Kumite
- Marissa Nunns (10): Geel belt - Goud (Holy Cross Primary).
- Thomas Lawa (15): Pers belt - Brons (Pacaltsdorp).
- Estelle von Belows (22): Bruin belt - silwer.
- Jacques Dreyer (30): Senior 8ste kyu wit +3 - Goud.
Pure goud. Jeandré Swart, 'n leerder van Laerskool George-Suid, vertoon trots sy goue medalje.
Jacques Dreyer (links) het silwer in tradisionele kata en goud in kumite verower.
Dubbele goud vir Marissa Nunns (Holy Cross Primary) in kumite en kata.
Estelle von Belows (22) wen 'n silwermedalje (kumite). By haar is sensei Wouter Pretorius (4de dan), hoofafrigter by Karate Do International George.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'