ROLBALNUUS - Outeniqua-rolbalklub in Heatherpark bied 'n heerlike kuierplek vir diegene wat eerder kyk as rol.
Aksie volg egter binnekort met ongeveer 36 vrouespanne wat verwag word by 'n vriendskaplike vrouetoernooi op Saterdag 1 Junie.
Adviceworx is die hoofborge. Klubs vanoor die Suid-Kaap neem deel en daar heers groot opgewondenheid onder klublede oor die toernooi.Vir meer inligting, skakel Louis du Preez by 082 870 3335
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’