GEORGE GHOLFNUUS - Jordan Groenewald, 'n leerder van Laer-skool George-Suid, het vroeg in April deelgeneem aan die Big 5 SA Golf Open en fantasties presteer.
Hy het gewen in sy ouderdomsgroep en tweede gekom met die uitspeel oor alle ouderdomme.
Jordan het nou 'Priority Status Level 11', die hoogste vlak vir US Kids, en is gekies om nie net aan die US Kids World Championships by Pinehurst, Amerika, aan die einde van Julie deel te neem nie, maar ook aan die Venice Open in Italië in Augustus.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'