Groot pryse was op die spel en selfs die nie-gholfers het nie met leë hande huis toe gegaan nie. Die formaat van die kompetisie was ‘n vierbal samespel en die wenspan was Louis Levin, Deonne van Aarde, Danny Wade en Quentin Du Randt.
Spelers het vroegdag aangemeld en elk-een is verras met ‘n ’goodie bag’ waarin verskeie produkte van Tuinroete Agri was. Op die baan was daar strawwe kompetisie, maar selfs die ongunstige weerstoestande kon nie die entoesiasme en goeie sportmanskap demp nie.
Die dag is afgesluit met ‘n prysuitdeling en ete asook ‘n veiling waar verskeie versamelaarsitems opgeveil was.
Die opbrengs van die dag word jaarliks geskenk aan instansies in die Tuinroete Agri bedieningsgebied waar daar werklik ‘n behoefte vir noodsaaklikhede is. Hierdie jaar is daar besluit om ‘n 5 000 liter watertenk aan elkeen van die volgende instansies te skenk; Melkhoutfontein Primêre Skool (Stilbaai), Sonskynvallei Laerskool (Hartenbos), Rainbow Riders Equi Therapy (George), Britsevlakte Primêre Skool (Uniondale) en Appelkassie Crèche (Misgund).
Sonder die deelnemers, verskaffers en die borge van die gholfdag sou dit nie so ‘n groot sukses gewees het nie. Almal word uitgenooi om volgende jaar deel te wees van die aksie.
Daniel van Schalkwyk, Michael Kamener en Johan le Roux by die watertenks wat geborg is deur TRA.