GHOLF NUUS - Jacques George en Theo Swart het verlede Woensdag die Oudtshoorn munisipale gholftoernooi met 'n telling van 47 punte gewen.
Dié toernooi vorm deel van die Oudtshoorn-sportfees en het altesaam 58 spelers gelok.
Sergio Arries en Anton Theunissen was in die tweede plek met 46 punte gevolg deur Jaco Swanepoel en Charl du Plessis ook met 46 punte.
Spelers wat naaste aan die penne geslaan het:
- Anton Kock (derde putjie)
- Francois Verwey (agste putjie)
- Charl du Plessis (12de putjie)
- Allastair Kiewiets (15de putjie).
Theo Swart speel 'n naderhou.
Jan le Roux lê aan vir 'n voeltjie. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'