Die uitspeelwedstryde het die naweek op Plettenberg Bay plaasgevind en drie spelers van George is gekies om die provinsie in Durban te verteenwoordig. Hulle is Nico Ludolph, Luyanda Mzolisa en Dale Fish.
Die span sal van 6 tot 9 Oktober aan die provinsiale toernooi deelneem.
Volgens Ebrahim America, voorsitter van Beach Football in die Wes-Kaap, sal hierdie spelers ‘n geleentheid hê, om te speel vir ‘n plek in die nasionale span.
_jpg (Small).jpg)
Beach Football groei in die Wes-Kaap. Van links is (agter) Ebrahim America (Beach Football provinsiale voorsitter), mnr. S Shishana (skeidsregtersvereniging) en mnr. D Philander (Safa Eden Beach Football-koördineerder), saam met die span.