KRIEKET NUUS - Pacaltsdorp-krieketklub het Saterdag daarin geslaag om die magtige Union Stars van Oudtshoorn oortuigend met 131 lopies te wen.
Die twee spanne is tans eerste en twee op die puntelys, maar met Pacaltsdorp se oorwinning die naweek het hulle seker gemaak van hul plek in die eindstryd.
Pacaltsdorp het eerste gekolf en 'n telling van 201 lopies aangeteken, waarop Union Stars geantwoord het met 70 almal uit.
Vir die wenspan het Geldenhuys 70 lopies aangeteken. Hy is goed bygestaan deur De Reuck (39) en Stuurman (29).
Masimela het die beste met die bal gevaar vir Union Stars en het vier paaltjies (4/20) platgetrek. Vir Union Stars kon geen kolwer meer as 20 lopies aanteken nie, danksy goeie boulwerk deur Smith 3/10 en Christians 2/14.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'