GEORGE NEWS - George-krieketspan het Saterdag sy derde oorwinning agtereenvolgens in die Sedgars Premierliga-kompetisie behaal toe hy Ramblers met 73 lopies op die Rooirivierrif-sportterrein geklop het.
George het met die klinkende oorwinning vyf waardevolle punte verdien.
Ramblers het die loot gewen en die tuisspan ingestuur om eerste te kolf.
Die 50 boulbeurte wedstryd is verkort na 47 beurte weens 'n nat kolfblad.
Die wenspan se SWD-spelers, Glenton Stuurman (68: 85b, 9x4) en Sammy Joe Avontuur (60: 97b, 3x4), se kolwe het die praatwerk gedoen en hul skitterende vennootskap van 101 lopies het George op die wenpad geplaas.
Jaco Janse van Rensburg (27: 21b, 3x4 (1x6) het ook 'n groot bydrae gelewer dat hul 192 lopies kon aanteken.
Ayabonga Khitshni (2/2) in 1 boulbeurt, Quinton Davids (2/18) in 9 boulbeurte en Bradley de Villiers (2/54) in 10 boulbeurte was die besoekers se beste boulers.
Arthur Lottering (51: 60b, 6x4, 2x6) was Ramblers se beste kolwer. Foto: Anton Gericke
Ramblers is almal uitgeboender vir slegs 119 lopies.
Jaco Janse van Rensburg (3/25) in 6,3 boulbeurte, Grant Simpson (3/35) in 9 boulbeurte en PJ Carstens (3/24) in 6 boulbeurte se skitterende draaiboulwerk het die besoekers verras.
Arthur Lottering (51: 60b, 6x4, 2x6) en Byron Botha (19: 65b, 2x4) was Ramblers se beste kolwers.
Byron Botha (19: 65b, 2x4) van Ramblers het moedig walgegooi teen die boulwerk van George. Franco Geldenhuys is George se paatljiewagter. Foto: Anton Gericke
George se droom is om vanjaar die kompetisie te wen, maar hulle sal hard moet werk aan hul veldwerk, wat by tye power was, en verbroude vangkanse uitskakel.
ARTIKEL: ANDRÉ STANDER, GEORGE HERALD KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'