Die Royal Challengers is eerste ingestuur om te kolf op die Pacs-Park Oval en hy was vroeg teen die planke op 20/4 ná 6 beurte. 'n Manjifieke reddingsbeurt deur Denver Muller (71 van 42 balle) en kaptein, Gilroy Saaiman (28 van 19 balle), het hulle gehelp om 'n verdedigbare telling van 146 lopies op die telkaart te kry.
Marshall Willeman (2/22) en Clinton Meintjies (2/26) het vir die Spartin Kings uitstekend geboul.
Die Spartin Kings het soos 'n stoomtrein weggespring en ná 8 beurte 51 lopies opgestapel sonder om 'n paaltjie te verloor. En die titel het reeds begin wink ná waardevolle bydraes deur Emaneul Koll ( 41), Jade Stoffels (18) en Bradley Stoffels (36). Maar, die Spartan Kings se titelaspirasies was van korte duur.
Danksy akkurate boulwerk deur die Royal Challengers se aflosboulers Byron Botha (3/16) en Robin-Lee Hector (2/16) het die Kings se lopies begin opdroog en die beurt begin ontspoor. Hulle is uiteindelik uitgeboul, 18 lopies kort van 'n vonkelwyn-viering.
Emanuell Koll is ná afloop van die toernooi as die speler van die toernooi asook die beste kolwer aangewys. Byron Botha was met sy 13 paaltjies die toernooi se beste bouler.
Klik hier vir fotogalery.
Aslin de Villiers, paaltjiewagter van die Spartan Kings, maak gereed om die bal te vang wat die kolwer Emmanuell Koll (Royal Challengers) laat deurgaan het. Koll is ná afloop van die Moneyball Pa-caltsdorp Premierliga T20-kriekettoernooi as die speler van die toernooi en beste kolwer aange-wys. Foto: Jan Venter (082 566 0935)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'