GEORGE ATLETIEKNUUS - Die jaarlikse Pacaltsdorp Night Race was vanjaar weer 'n treffer met Elroy Gelant, na wie die wedloop oorspronklik vernoem is, ook in aksie.
Nog 'n plaaslike sportheld wat ook die wedloop bygewoon het, was Zane Kirshner, Springbok-heelagter wat nog kleur aan die byeenkoms gegee het.
Die buie wat teen die einde van die wedloop uitgesak het, kon nie die geesdrif demp nie.
Johan Faasen was daar met sy kamera.
Die groot aantal atlete tree hier aan vir die suksesvolle nagwedloop op Pacaltsdorp.
Nedbank Running Club se puik langbeen-atleet en uiteindelike wenner, Lloyd Bosman, is voor pas na die begin van die nagwedloop met Elroy Gelant links agter hom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'