GEORGE NUUS - Die gewilde jaarlikse Spur na Spur-padwedloop word aanstaande Woensdag 8 November aangebied.
Die atlete spring nou weg by die Timber Wolf Spur by die Garden Route Mall in die opwedloop na Geronimo Spur in Yorkstraat.
Die roete is aangepas en 'n vinniger wedloop word verwag.
Atlete kan aanlyn vir die wedloop inskryf by www.aswd.co.za tot Maandag 6 November, by Top Gear Sport sowel as by die Geronimo en Timber Wolf Spur.
Laatslapers kan ook op die aand van die wedloop om 16:30 by die wegspring slegs by die Timber Wolf Spur inskryf. Atlete wat laat inskryf moet 'n ekstra R20 opdok.
Die inskrywingsgelde beloop R55 vir klubatlete wat vooraf inskryf en R90 vir atlete wat nie aan 'n klub behoort nie.
Daar sal medaljes wees vir alle atlete wat die wedloop onder twee uur voltooi. Stappers is welkom om deel te neem.
Prysgeld is beskikbaar aan alle kategoriewenners. Daar is ook gelukstrekkings ná afloop van die wedloop.
Atlete kan ná die tyd van 'n gratis busdiens van die Spur-groep gebruik maak.
Daar is genoeg waterpunte.
Atlete wat die eerste keer 'n 10 km wil doen, word aangemoedig om deel te neem.
Vir navrae bel Alf by 083 650 5088 of vir Duppie by 084 501 0168.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'