SUID-KAAP NUUS - Die jaarlikse Spur na Spur-aandwedloop vind weer op Woensdagaand 7 November plaas. Die atlete spring by die Timberwolf Spur by die Garden Route Mall weg en eindig by die Geronimo Spur in Yorkstraat.
Die wedloop word jaarliks goed ondersteun deur verskeie atlete binne die SWD met getalle wat dikwels meer as 300 is.
Die roete is vanjaar effens aangepas wat dit vir atlete moontlik maak om vinniger tye te hardloop.
Atlete kan aanlyn inskryf tot Maandag 5 November om 23:30 by www.aswd.co.za. Atlete kan ook by Top Gear Sport inskrywings doen en by albei Spurs inskrywingsvorms afhaal.
Beperkte laatinskrywings kan ook by die Timberwolf Spur van 16:30 tot 17:45 gedoen word.
Die inskrywingsgeld is R55 vir klubatlete. Atlete sonder lisensies moet R35 bykomend opdok.
Alle kategoriewenners sal prysgeld ontvang. Medaljes is beskikbaar aan alle atlete wat die wedloop binne die afsnytyd voltooi.
Die prysuitdeling vind om 20:00 plaas ná afloop van die wedloop. Daar sal ook gelukstrekkings wees.
Vir meer navrae bel vir Willem by 076 440 0832 of Duppie 084 501 0168.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'