Kort op sy hakke was Gershwill Jacobs (49:13) met Michael Baily derde in 52:31.
Melissa van Rensburg het haar goeie vorm van 2013 voortgesit en die vroue-wedloop in 'n haastige tyd van 1:07;14 voltooi. Die vete-raan Annatjie Botes, het tweede oor die eindstreep gedraf in 'n baie skaflike tyd van 1:14;19. Elize Kloppers was derde in 1:17:13.
Botes het was ook eerste in die vroue-veterane se wedloop. Die beste mans-veteraan was Hermanus Jonkerman (1:13;27).
Donnick Gerber van Outeniqua Harriers het die junior wedloop vir dogters in 1:41;11 gewen en Granville Galant die seuns s'n in 1:08;19.
Toekie Steenkamp (Nedbank) het die vroue-meesters se wedloop in 1:4;07 gewen met Plaatjie Cronje (Outeniqua) die man s'n in 1:36;51.
Goeie deurdringende reën het die roete nie enigsins makliker gemaak vir die grootste gros atlete nie en 'n paar het gly-gly klaargemaak. Die atlete wat aan die korter roetes deelgeneem het, het dit darem effe makliker gehad.
NOG FOTO'S HIER.
_541536182.jpg)
Die drie voorste mans in Saterdag se Kraaibosch-veldwedloop. Van links is Michael Bailey (derde in 52:31), Etienne Plaatjies (eerste in 48:57) en Gershwill Jacobs (tweede in 49:13).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'