OUDTSHOORN SPORTNUUS - Vanjaar se Interprovinsiale Tweekamp-byeenkoms word op 4 Februarie op Oudtshoorn aangebied.
Dit is naas die SA Tweekamp-kampioenskappe, die grootste tweekamp-byeenkoms in Suid-Afrika.
Nie minder nie as sewe provinsies sal aan hierdie byeenkoms deelneem: WP, OP, Boland, Grens, Griekwaland-Wes en Eden (SWD).
Hierdie byeenkoms lewer 'n groot inspuiting vir die ekonomie van Oudtshoorn. Van die land se topatlete sal ook in aksie wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'