TUINROETE NUUS - Drie Eden-atlete - Christian Hattingh, Franna Vorster en Tina van Wyk - het eerste plekke behaal in hul onderskeie ouderdomsgroepe by vanjaar se Suid-Afrikaanse driekampkampioenskappe wat verlede naweek in Durban plaasgevind het.
Dis 'n fenomenale prestasie vir Eden-driekamp wat maar eers van vanjaar af vir die tweede keer aan die SA's deelgeneem het.
Die Eden-atlete het hulle nie deur 'n winderige en warm Durban laat afskrik nie. Die swemitem kon weens die onstuimige see nie voltooi word swem nie.
Die span se resultate was as volg:
- Franna Vorster (1ste: 50-54 jr. )Tina van Wyk (1ste: 55-59 jr. )
- Christian Hattingh (1ste: 14-15 jr. )
- Josua Vorster (8ste: 14-15 jr. )
- Hanno Maritz (9de: 12-13 jr. )
- Sebastian Swart (11de: 12-13 jr. )
- Linel Engelbrecht (11de: 14-15 jr. )
- Siemon Joubert (11de: 18-19 jr. )
Die SA span word binnekort bekend gemaak wat van 30 Augustus tot 1 September in Lausanne, Switzerland, aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.
Vier lede van die Eden-driekampspan wat in Durban by die SA's in aksie was. Van links: Hanno Maritz, Sebastian Swart, Josua Vorster en Christian Hattingh. INLAS: Franna Vorster op pad na die eerste plek in sy ouderdomsgroep.
Christian Hattingh was eerste in die ouderdomsgroep vir seuns (14-15 jr.).
Die Eden-driekamper Tina van Wyk het ook 'n welverdiende eerste plek by die SA's behaal.
Franna Vorster op pad na die eerste plek in sy ouderdomsgroep by die SA driekampkampieonnskappe in Durban.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'