Gallery
GEORGE NUUS - Die koue en nat weeromstandighede het nie gisteraand (Donderdag 26 Desember) atlete en stappers weggehou van die Elroy Gelant-nagwedloop wat in Pacaltsdorp aangebied was nie. Die geleentheid is vanjaar deur die George-munisipaliteit aangebied.
Daar was twee roetes, oor 4 km en 8 km, waaruit atlete kon kies. Albei het by die verkeersdepartement in Missionstraat begin en geëindig.
Lloyd Bosman van Pacaltsdorp het die mans 8 km-wedloop in 22:19 voltooi, met Timothy Anthony in tweede plek met 23:30 en Selwyn Matthews in derde plek met 24:05. Stephany Petro was eerste oor die wenstreep in die vroue 8 km-wedloop met 'n tyd van 29:49, Mary-Jo Fortuin in tweede plek met 40:28 en in die derde plek was Judy Zeelie met 40:58.
Aneke Charles was eerste in die 4 km vir vroue met 18:36 en in die 4 km vir mans was Zeevan Leroy die wenner met 'n tyd van 13:10.
Fotogalery: Elroy Gelant-nagwedloop
Die Olimpiese-atleet Elroy Gelant, 'n boorling van Pacaltsdorp, was 'n groot aantrekkingskrag by die geleentheid en het saam met atlete die roete voltooi met sterk reënbuie wat by tye uitgesak het.
Die oud-Springbok Zane Kirchner het ook aan die 8 km-wedloop deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'