GEORGE NUUS - Die prestige wedlope wat Vrydag 28 Januarie in die stadskern deur Rainbow-atletiekklub van George in samewerking met Top Gear aangebied is, was 'n groot sukses met meer as 200 deelnemers wat opgedaag het.
Wedlope het vanaf Top Gear in Hibernia-straat plaasgevind, waar dit begin en klaargemaak het.
'n Feestelike atmosfeer het geheers aangesien dit van die min geleenthede was waar 'n wedloop na die streng toegepaste regulasies van Covid-19 aangebied is.
In die 10 km het die topatlete in die SWD mekaar die stryd aangesê. In die mansafdeling het Selwyn Matthews van Nedbank-atletiekklub koning gekraai in 'n tyd van 32 min 49 sek, gevolg deur John April van Rainbow-atletiekklub in 32 min 57 sek en sy spanmaat Anderson Ncube het in die derde plek in 'n tyd van 33min 11 sek geëindig.
In die vroue-afdeling was daar 'n taai stryd, waar Melissa van Rensburg van Nedbank-atletiekklub eindelik as oorwinnaar uit die stryd getree het in 'n skitterende tyd van 39 min 41 sek, gevolg deur Yolande van Vuuren in 43 min 26 sek wat met 'n tydelike nommer gehardloop het. In die derde posisie het Benita Joubert van Nedbank-atletiekklub in 'n tyd van 47 min 41 sek geëindig.
In die 5 km het Luther Blaauw eerste die wenstreep oorgesteek in 'n skitterende tyd van 14 min 50 sek.
Dit moet genoem word dat die roete kort was, slegs 4,5 km. 'n Onbekende dogter het die 4,5 km gewen. Hierdie dogter gaan dit beslis nog ver bring in padwedlope.
Die wenners in die onderskeie afdelings.
Die volledige uitslae van kategorie wenners van 10 km:
Mans Ope-afdeling
- Selwyn Matthews (Nedbank SWD 32:49);
- John April (Rainbow Atletiekklub 32:57);
- Anderson Ncube (Rainbow Atletiekklub 33:11)
Junior
- Durando Aweries (Nedbank SWD 35:27)
- Bonga Mlunguza (Thembaletu WC 38:38)
Veterane
- Jacques Mouton (O/Harriers 38:42)
- Marlon Mortlock (Knysna-maratonklub 39:30)
- Meester 50-59
- Anton Chevalier (Nedbank SWD 41:54)
- Alfred Nise (Knysna-maratonklub 49:57)
- Grootmeester 60-69
- Johannes van Wyk (O/Harriers 47:07)
- Hermanus Jonkerman (Nedbank SWD 48:33)
- Groot Grootmeester 70-79
- Les Stuart (Hartenbos Drawwers 57:53)
- Leslie Martin (Nedbank SWD 1:06:25)
Vroue Ope-afdeling
- Melissa van Rensburg (Nedbank SWD 39:41)
- Yolandi van Vuuren (Tydelik 43:26)
- Benita Joubert (Nedbank SWD 46:09)
Junior
- Laurika Rossouw (Outeniqua Harriers 56:27)
- Lanta Malherbe (Outeniqua Harriers 58:50)
- Veterane 40-49
- Benita Joubert (Nedbank SWD 46:09)
- Wilma Rossouw (Tydelik 59:22)
- Meester 50-59
- Carol Groenewald (Petro SA RC 48:33)
- Mariana van Zyl (Nedbank SWD 1:12:08)
- Grootmeester 60-69
- Annatjie Botes (Nedbank SWD 50:07)
- Delmarie Henning (Hartenbos drawers 1:04:24)
- Groot Groot meester 70-79
- Johanna Jooste (Nedbank SWD 1:30:58)
- Trix De Villiers (Nedbank SWD 1:33:48).
Beamptes wat gehelp het dat sake vlot verloop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'