Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Kiesers van Heatherlands, Heatherpark, Glen Barrie en King George Park (wyk 3) het reeds vroeg vanoggend by die stemlokaal by die Outeniqua-rolbalbaan aangekom om hul kruisie te trek.
Vier partye het kandidate vir die verkiesing geregistreer, naamlik die ACDP, DA, EFF en VF Plus.
Teen 08:30 vanoggend was drie van die partye slaggereed vir deelname, maar die EFF se helder rooi t-hemde was nêrens te siene nie.
Na die swaar reën gister (Dinsdag) is kiesers sowel as die party-ondersteuners baie dankbaar vir blou lug en 'n bietjie son.
Die stemlokaal is tot 17:00 oop vir inwoners om die nuwe verteenwoordiger van hul wyk te kies. Na verwagting sal die voorlopige uitslag eers later vanaand bekend gemaak word.
Kyk 'n video hieronder.
ACDP: Voor van links is Gert Niehaus, Elicia Swarts en Elize Oppels. Agter is Monique Afrika, John Smith, Cyril Bewee, raadslid Johan du Toit (kandidaat), Ursula Slabbert, Karen van Zyl, Elsie Julies en Daphne Rhodes.
DA: Agter van links is Andricus van der Westhuizen (kiesafdelingshoof), raadslid Jean Syfers, Erika Brown (kandidaat), Henell Nimb, Nosicelo Bungane en raadslid Stag Cronjé. Voor (sittend) is Rèche van Wyk.
Vryheidsfront Plus: Voor van links is Petro van Niekerk, Jerome Boesak, Paulette Stammer, Martiens Erasmus (kandidaat), Tharina Erasmus en Wilhelmina Hartzenberg. Agter is Naomi Nel (raadslid van Worcester) en Heléne Bezuidenhout.
"Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus."