Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die raadsvergadering wat vanoggend na 10:00 begin het, is ‘n uur en ‘n half later deur die George-speaker, Gerrit Pretorius verdaag.
Dit was nadat opposisiepartye die vergadering ontwrig het omdat daar geen burgemeesterstoespraak gehou is om raadslede in te lig oor die stand van sake in George nie.
George se burgemeester, Melvin Naik, het nie die vergadering bygewoon nie. Hy is met verlof tot 25 Mei.
Die raadslede sê dit is uiters arrogant om na die klopjag van die Valke twee weke gelede (23 April) en hul ondersoek na beweerde ongerymdhede met tenders, geen inligting aan die raad te gee nie.
Watch a video below.
Theodore Windvogel, wykskomiteelid van Rosemoor, spreek sy ongelukkigheid uit oor die raadsvergadering wat verdaag is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'