GEORGE NUUS - Die PBI politieke party het drie splinter-nuwe raadslede en 'n nuwe verteenwoordiger in die distriksraad (Garden Route-distriksmunisipaliteit).
Patrick (Pat) Buys, wat reeds as PBI-raadslid in die George-raad dien, vervang wyle Mercia Draghoender in die distriks-raad.
Die drie nuwelinge is Des Carolus, Jerome Petersen en Cathleen Jansen. Beide Carolus en Petersen was voorheen amptenare van George-munisipaliteit.
Carolus het by die departement van plaas-like ekonomiese ontwikkeling gewerk en is betrokke by Blanco-rugbyklub. Hy sal Blanco (wyk 1) as 'n proporsionele raadslid verteenwoordig.
Petersen was 'n bestuurder by George-munisipaliteit se finansiële departement. Hy beskik oor 'n BA-graad in administrasie met publieke administrasie en ekonomie as hoofvakke, sowel as 'n diploma in publieke verantwoordbaarheid.
Cathleen (Cathy) Jansen is 'n voormalige voorsitter Maori's-rugbyklub in George. Sy is betrokke by haar kerk en gemeenskap en sal Borcherds (wyk 20) as 'n proporsionele raadslid verteenwoordig en dien.
"Die PBI is trots op ons nuwe toevoegings. Die samestelling van ons ampsdraers verteenwoordig 'n breë spektrum van wyke regoor George en die distrik," het Sunè Soonies, algemene sekretaris van die PBI, in 'n Facebook-inskrywing gesê.
Cathleen Jansen
Des Carolus
Patrick (Pat) Buys
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'