Update
GEORGE NUUS - Die lewe van Gerrit Pretorius (66), 'n voormalige onderburgemeester en speaker van die George-stadsraad, het Woensdagmiddag, 14 Desember, drasties verander met 'n telefoonoproep wat hy uit Kaapstad ontvang het.
Hy is toe meegedeel dat hy die volgende DA-kandidaat op die party se lys vir die Wes-Kaapse wetgewer is.
Dit het gevolg nadat 'n vakature op die DA banke in die wetgewer ontstaan het. Minder as 24 uur later, op 17 Desember, is hy in Kaapstad ingesweer as lid van die wetgewer.
Pretorius was in die verlede onder meer verbonde aan die destydse departement van buitelandse sake. Hy het Suid-Afrika in die buiteland verteenwoordig.
Pretorius het Maandag 19 Desember gesê hy gaan voortaan meer tyd in Kaapstad deurbring waar die wetgewer gesetel is. Op die oomblik is hy besig om reëlings te tref vir die nuwe hoofstuk van sy lewe en hy sien uit na die nuwe uitdaging.
"Ek sien daarna uit om saam met my kollegas 'n bydrae te maak om die grenslose potensiaal van die provinsie verder te probeer ontgin met spesifieke verwysing na die behoud en ontwikkeling van die ryke menslike kapitaal."
Gerrit Pretorius Donderdag by sy inswering as lid van die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer. Regs is Daylin Mitchell, speaker van die wetgewer en Matlhodi Maseko, 'n lid van die wetgewer (links).
Vorige artikel: Gerrit Pretorius nou lid van wetgewer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'