GEORGE NUUS - Gerrit Pretorius, 'n voormalige onderburgemeester en speaker van die George stadsraad, is nou lid van die Wes-Kaapse wetgewer.
Hy is Donderdag as die nuutste lid van die wetgewer as DA-lid ingehuldig.
Dit volg nadat 'n vakature op die DA banke in die wetgewer ontstaan het. Die 66-jarige Pretorius het vanoggend (17 Desember) bevestig dat hy nou 'n lid van die wetgewer is.
'n Vakature het ontstaan en hy was beskikbaar. Pretorius was in die verlede onder meer verbonde aan die destydse departement van buitelandse sake.
Hy het Suid-Afrika in die buiteland verteenwoordig. Pretorius het vanoggend gesê die provinsie het baie potensiaal.
"Ek sien daarna uit om saam met my kollegas 'n bydrae te maak om die menslike kapitaal deel te maak van die ontwikkeling van die provinsie."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'