GEORGE NUUS - Lede van die politieke party Icosa het Dinsdagmiddag met plakkate voor die munisipale direktoraat siviele dienste betoog. 'n Memorandum met griewe oor dienslewerings-kwessies, soos verhoogde kragtariewe, behuising vir agterplaas-bewoners en noodbehuising is deur 'n wetstoepassing-beampte, Siyasanga Vandala, namens George-munisipaliteit ontvang.
'n Icosa-raadslid vir die distriksmunisipa-liteit, Wilbur Harris, het gesê munisipale dienslewering is nie op standaard wanneer dit kom by hierdie kwessies nie.
"Ons het George-munisipaliteit sewe dae kans gegee om op die memorandum te reageer," het hy gesê.
Munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, het bevestig dat 'n antwoord binne die vereiste tydperk aan die organiseerder gegee sal word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'