Update
GEORGE NUUS - George-burgemeester, Melvin Naik, se interne verhoor deur die DA-party is eindelik afgehandel. Volgens die voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, James Selfe, wag die party op die verslag van die federale regskommissie.
Naik het na bewering ander DA-lede tydens 'n geheime vergadering probeer oortuig om 'n ander party te ondersteun. Die burgemeester het ook in warm water beland na sy homofobiese uitlatings op die vooraand van 'n besoek van die Boston Male Chorus.
Volgens inligting is DA-raadslid Mercia Draghoender, ook verhoor.
Selfe het bevestig dat die "Draghoender-aangeleentheid" afgehandel is. Die klagtes teen haar hou glo verband met beweerde inmenging in administratiewe funksies.
"As gevolg van voortgesette ondersoeke deur verskeie agentskappe gerig op interne prosedures van die raad, het die federale regskommissie aanbeveel dat geen verdere aksie op hierdie stadium geneem word nie," het Selfe gesê.
* George Mayor Melvin Naik's internal hearing by the DA party has been finalised. According to the chairman of the DA's Federal Executive Committee, James Selfe, they are waiting for the report from the party's Federal Legal Commission.
Lees vorige artikels:
- Hawks swoop on George
- DA asked for raid of George Municipality
- Update: Hawks raid George Municipality
- Klopjag by George-munisipaliteit
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'