GEORGE NUUS - Die Rebel-viertrekklub se eerste byeenkoms van die jaar by Kleynefontein het volop aksie opgelewer.
'n Eerste vir die viertrekkers is dat die verskillende klasse saam weggespring het op dieselfde hindernis waar die klasse voorheen afsonderlik teen mekaar meegeding het.
Die moeilikheidsgraad van die baan is verhoog deurdat die ryers vooraf die aantal punte kon kies waarvoor hulle wou meeding. Die keuses was tussen 60, 80, 100 en 120 punte.
Die volledige uitslae was:
TT-klas
1. Klaus Lutzelar en Legoman 270.
F-klas
1. Cristo Liebenberg en junior 270. 2. Christie de Kock en Gys van Vuuren 210.
BM-klas
1. Attie Erasmus en Ryan Partridge 590; 2. Lindi Grobler en Deirdre Gelderblom 510; 3. Jaandre en Mady Snel 460; 4. Fanie Grobler en Brad Robertson 420; 5. Pierre Joubert en Shawn Mouton 390.
CM-klas
1. Mich Prinsloo en Hendro Botes 420; 2. Attie en Wayne de Klerk (meeste 80's) 400; 3. Johan Vogel en Annatjie Fourie 400; 4. Arjan Wierenga en Sunel Eybers 320; 5. Koos le Grange en Morné de Kock 210.
C LWB-klas
1. André Kirchner en Lizel Louw 410; 2. Chris Meyer en Daan Joubert 300; 3. Louis de Wet en André Beneke 200;
4. Walter van der Merwe en Walter Junior 190.
C SWB-klas
1. Ronald Zeelie en Tommie Vogel 370; 2. Anthea Fourie en Santa vd Merwe 360; 3. Lientjie van der Merwe en Johan Meiring 350.
Breek van die dag: Christie de Kock en Gys van Vuuren.
Rol van die dag: Klaus Lutzelar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'