Update
MOSSELBAAI NUUS - Ses vriende van Albertinia se naweek het in ‘n nagmerrie verander toe Arno van der Mescht (21), tydens ‘n staptog op Mosselbaai in die see beland het nadat ‘n brander hom van die rotse afgespoel het.
Van der Mescht is tans nog nie gevind nie.
Jaco Klaassen, Shawn Botha, Hugo Pieterse, Shaney Schubbe en Cornelia Botha het saam met Van der Mescht op Sondag, 20 Maart op die St. Blaize-roete gestap.
Die stappers het na die grotte op dié roete in die omgewing van Cecil Sheperdstraat gestap waar die tragedie plaasgevind het.
Botha en Klaassen het met Mossel Bay Advertiser gesels oor wat op die rotse gister gebeur het.
Die vyf vriende van Arno van der Mescht op die toneel vandag, 21 Maart. Van links is Shawn Botha, Jaco Klaassen, Cornelia Botha, Hugo Pieterse en Shaney Schubbe. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'