NASIONALE NUUS - Hessequa-munisipaliteit het met ingang van 1 Augustus vanjaar 'n e-werwingstelsel bekendgestel.
Die doel daarvan is om dit vir aansoekers makliker en vinniger te maak om vir betrekkings aansoek te doen.
Wanneer 'n profiel op die webtuiste geskep word, kan kandidate aansoek doen, sonder om elke keer 'n aansoekvorm te voltooi en afskrifte van hul kwalifikasies en Curriculum Vitae (CV) te maak en in te dien.
Sou 'n kandidaat registreer en 'n profiel op die e-werwingsplatform skep, word die CV en kwalifikasies een keer elektronies opgelaai. Die inligting word op die stelsel geberg en 'n persoon kan enige tyd hulle inligting opdateer.
Aansoekers kan op rekenaars, tablette en selfone registreer en 'n profiel skep.
Lees meer op susterskoerant, Suid-Kaap Forum
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'