Dít word deur die Kaapse stadsraad se regsverteenwoordiger, adv. Geoff Budlender SC, aangevoer in die aansoek teen Sanral om die voorgenome Wynland-tolprojek onwettig te laat verklaar en te skrap.
Die aansoek word aangehoor in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Budlender voer aan die stadsraad is bekommerd daaroor dat Sanral uitermate hoë tolgeld sal moet eis van motoriste sodat hy nie self bankrot raak nie.