HEIDELBERG NUUS - ‘n Graad 2-leerder van De Waalville Primêre skool, Jay-Tee October (8) het Donderdagmiddag, 22 Februarie, skielik aan huis van sy ouers gesterf.
Dié enigste seun van Andries en Amelia October, is Donderdagmiddag deur ambulanspersoneel in hul huis in Robertsweg dood verklaar nadat sy pa hom vroeër die oggend daghospitaal toe geneem het.
Volgens sy erg geskokte pa, het sy seun by die huis geslaap nadat hy sy medikasie gedrink het.
Die pa was gou na sy ouma.
Met sy terugkeer 'n paar minute later, het hy ontdek dat daar groot fout is met JT.
Lees meer op ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'