Die Kaapse stadsraad se aansoek om Sanral en die departement van vervoer se Wynland-tolprojek onwettig te verklaar, word van Dinsdag tot Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor. Hofverrigtinge begin om 10:00.
Lees ook: ‘Howe sal besluit of Wes-Kapenaars tolgeld moet betaal’
In die hofaansoek voer die Kaapse stadsraad aan Sanral het nié die moontlike negatiewe impak van die voorgestelde Wynland-tolprojek bepaal op die metropool en Wes-Kaapse dorpe waar dit inwoners regstreeks gaan raak nie.