Die MCP WhatsApp-groepe is alleenlik vir noodboodskappe en ‘uitkyk’-versoeke. Die MCP Facebook-blad is gestig om misdaadwenke te deel en bewusmaking te skep, en word nie permanent gemonitor nie.
MCP-stigter Theo Breedt sê die idee vir die groepe het bloot ontstaan uit kommer oor inwoners wat nie gemeenskapsradio’s kan bekostig nie.
“Hoewel ek inwoners aanmoedig om gemeenskapsradio’s te koop of te huur, is daar ook ’n bykomende oplossing deur middel van die WhatsApp-groepe,” sê hy.
Volgens Breedt het die eerste WhatsApp-groep baie stadig gegroei en skielik vlamgevat. Breedt, met die hulp van drie ander administratiewe persone, beman die ses verskillende groepe dag en nag.
Breedt se hoop met die groepe is om misdaad te bekamp en die gemeenskap tot so ’n mate te organiseer dat as daar ’n ‘uitkyk’ deurgee word, wanneer almal wat by die huis is net vir twee minute buite hul huis gaan staan en help kyk.
“Die mense op die groepe is die oë en ore van die samelewing. As almal saamwerk en help kyk, kan misdaad bekamp word. Ons almal moet saamstaan om misdaad te beveg. Dit is gratis om aan te sluit en kos niks behalwe jou eie data nie,” sê Breedt.