NASIONALE NUUS - Sylvester, die rondloperleeu van die Karoo Nasionale Park, wat groot opspraak verwek het toe hy in 2015 uit die park geglip en gaan rondloop het, het goed aangepas in sy nuwe tuiste in Kazuku Lodge in die Oos-Kaap.
"Hy het 'n koalisie gevorm met 'n jong leeumannetjie, Fielies, en twee weke gelede het hulle vir die eerste keer nader kennis gemaak met twee jong leeuwyfies wat saam met hulle in die 15 000 ha Kuzuko kontraktuele area vrygelaat is," sê Gerhard de Lange, algemene bestuurder van Kuzuko.
Die Kuzuko Lodge en reservaat is in privaat besit terwyl die diere in die kontraktuele area aan Addo-olifant Nasionale Park en SANParke behoort.
Terwyl Sylvester in 2015 op vrye voet was, het hy 371 km afgelê en 28 skape, 'n bees en 'n koedoe gevang voordat hy na 'n uitgebreide soektog gevang is.
Lees meer op ons suster koerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'