MOSSELBAAI NUUS - Ben Badenhorst (68) het weer die mense in Mosselbaai en op Facebook aan die praat nadat hy op Kersdag saam met sy hanslam skaap, Tjoppie, by Diasstrand gaan swem het en iemand ‘n video daarvan op Facebook geplaas het.
Ben het in die Diasstrand-gebied groot geword met die see wat nog altyd ‘n groot deel van sy lewe was.
Hy is baie lief vir diere en het sowat drie jaar gelede ingewillig om ‘n hanslam groot te maak.
Só het Tjoppie deel van die Badenhorst-huishouding geword. Hy is ‘n kruising tussen ‘n Meatmaster- en Dorper skaap. Sedertdien het die lam egter tot ‘n ordentlike skaapram gegroei met ‘n bypassende temperament.
Lees meer en sien 'n video op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'