MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie en ander nooddienste soek onverpoos na die 54-jarige Marie Brisley van Benoni wat sedert gisteroggend by Pinnacle Point vermis word.
Marie is sover bekend geklee in 'n grys sweetpak en 'n wit pet. Sy het pink en blou tekkies aan. Sy het 'n swart rugsakkie met proviand vir sowat 2 dae. Sy het nie 'n selfoon by haar nie.
Lugsteun het die area per helikopter gefynkam, maar het geen teken van haar opgemerk nie. Soekspanne het reeds die St Blaize-roete in beide rigtings gefynkam.
Soekgeselskappe van die onderskeie noodeenhede, onder aanvoering van kapt Ashleigh Michaels van die KwaNonqaba-ppolisie gaan nou die digbeboste gebiede stelselmatig begin deursoek.
Enige persoon met inligting oor waar Marie Brisley mag wees, word versoek om die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) of hul naaste polisiestasie te kontak.
Inligting verskaf deur ons sustekoerant, Mossel Bay Advertiser.
Volg die skakel om 'n video-onderhoud met kaptein Ashleigh Michaels te kyk.
Marie Brisley.
- Lees die nuutste hier: Vermiste vrou se liggaam gevind
- Lees 'n vorige artikel: Woman missing from Mossel Bay
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'