MOTOR NUUS - Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) se afdeling vir menslike hulpbronne is deur die Top Employers Institute (TEI) gesertifiseer vir die skitterende werktoestande wat hy aan al sy werknemers bied.
Die TEI is 'n wêreldwye sertifiseringsmaatskappy wat erkenning gee aan uitmuntendheid in die toestande wat werkgewers vir hul mense daarstel.
TSAM is deur die TEI in ooreenstemming met die beste wêreldwye praktyke van menslike hulpbronne (MH) gesertifiseer.
Die sertifikaat is by 'n glansaand in Oktober by die Sandtonse konvensiesentrum oorhandig.
Die sertifisering erken TSAM se pogings om die hoogste standaarde te bied ten opsigte van werksomstandighede in 'n bemagtigende omgewing wat deur volhoubare menslike hulpbronne reg deur die werkerspektrum geskep en ontwikkel word.
Die instituut se sertifiseringsprogramme is ontwerp om aandag te gee aan groot werkgewers oral ter wêreld.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'