'n Deelnemer nader 'n steilte versigtig tydens 'n vorige byeenkoms.'
GEORGE NUUS - Die nuwe komitee is gekies, datums is bepaal en die lede van die Rebel 4x4 George Klub staan gereed om hierdie jaar weer vir opwinding en aksie uit die boonste rakke te sorg.
Standaard-, gemodifiseerde-, extreme-klas 4x4's sowel as pypkarre is op die agenda en belowe om baie opwinding vir die motorliefhebber te bied.
Die datums is: 16 Februarie (George-skouterrein), 6 April (Groot-Brakrivier), 15 Junie (Rheebok Stene), 17 Augustus (George-skouterrein baan 2), 31 Augustus (Herold Fees), 28 September (Uniondale), 9 November (Klynefontein).
Rebel 4x4 het 'n ope uitnodiging aan alle belangstellendes en 4x4 geesdriftiges gerig om deel te word van die klub en om hul drywersvernuf op 'n baan wat takties uitgelê word te toets.
Vir meer inligting kontak Attie de Klerk by 082 323 2339 of Edrick Bruwer by 072 764 9616.
Posted on: 08:00 Sat, 02 February 2013
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: