OUDTSHOORN MOTOR-NUUS - Sowat 40 Datsuns van die Wes- en Oos-Kaap het onlangs op Oudtshoorn saamgetrek en die eienaars het klere, speelgoed en kos aan drie kleuterskole oorhandig.
Plaaslike organiseerder, Deon le Roux, sê entoesiastiese en goedhartige Datsungesinne van Kaapstad, Stellenbosch, Robertson, Port Elizabeth, en Uitenhage het lekker saam met hulle geesgenote van Oudtshoorn gekuier.
Die groep het hul blinkgevryfde rygoed Saterdagoggend by in Bridgton aan die publiek vertoon.
Volgens Mullen Jones van Kaapstad heers daar groot belangstelling en liefde vir dié gewilde rygoed van weleer.
Hul leuse is: 'Vir die liefde van Datsuns' en die groep het 'n Facebook-blad en 'n WhatsApp-groep, albei met die naam 'All about Datsun' met meer as 2 000 volgelinge.
'n Besoek aan Oudtshoorn nou 'n jaarlikse instelling word.
"Ons het 'n fantastiese tyd op Oudtshoorn gehad en ook die Kango-grotte besoek. Ons behoort nie aan 'n klub nie. Ons is 'n groep vir die hele gesin en geen fooie word betaal nie," sê Jones. Die volgende saamtrek is in Junie op Robertson.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'