Update
GEORGE NUUS - 'n Brand het gisteroggend rondom 09:30 op die tweede verdieping van die York Gebou in Yorkstraat ontstaan, gelukkig het die nuut geinstalleerde rook alarms geaktiveer en kon almal veilig die gebou ontruim.
Anthony Davis van Openbare Werke en ook die bewaarders van die gebou, sê hulle was gelukkig dat die rook alarms geaktiveer het toe rook deur die lugreeling versprei het.
Davis sê dit het veroorsaak dat al vier verdiepings van die gebou veilig ontruim kon word, voor enige verdere skade.
Davis het ook ontmiddellik die brandweer asook die brand ingenieur, Duane Hodges, ontbied om die situasie te assesseer.
Hodges op sy beurt het onmiddellik die lugreeling afgeskakel om te verhoed dat rook deur die gebou versprei, en die brandweer het die brand geblus, wat binne 'n kluis ontstaan het.
Hodges sê hulle is tans besig met opgraderings aan die gebou op die grond asook eerste verdiepings van die gebou.
Volgens hom het hulle eerste die tweede verdieping opgradeer wat dus gehelp het dat die rook alarms afgegaan en alarm gemaak het. Davis het bevestig niemand is beseer nie, en geen verdere skade is aangerig nie, behalwe rook skade.
Met die George Herald se besoek gisteroggend was die brandweer steeds besig om rook met industriële waaiers van kamer na kamer te waai en deur die ventilasie sisteem na buite.
Davis sê hulle moes blykbaar die rook so verwyder juis omdat die gebou geen vensters wat oopmaak na buite, het nie. Hy het ook gesê dat die brandweer en alle ander rolspelers wat ingeroep is om die veiligheid van die gebou te bevestig, 'n uur later die res van die gebou veilig verklaar het sodat van die departement kon aangaan met hul werk.
Die rekenaar in die kluis waar die brand ontstaan het.
Davis sê dit is slegs die tweede verdieping wat heel moontlik eers Maandag veilig en rook vry verklaar gaan wees.
Die kluis waar die brand ontstaan het.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'