GEORGE NUUS - Waboomskraal Thusong-sentrum was Vrouedag in rep en roer met 140 vroue van verskeie plase in die omgewing wat bymekaargekom het om dié dag te vier.
Onder leiding van adjudant-offisier, Wendy Lee, in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling, is die heerlike geleentheid deur Herold se gemeenskapspolisiëring sub-forum gereël as deel van hul Vrouemaandaktiwiteite onder die tema 'Vrou Wees'.
Die Tuinroete-distrik se adjunk-kommissaris, brig. Belinda Pather, het ook die geleentheid bygewoon en 'n boodskap van bemoediging gebring.
Heerlike lekkernye is uitgedeel en die vroue kon selfs 'n toneelstuk met 'n boodskap oor geslagsgebaseerde geweld, 'Dis nou of Nooit', geniet.
Die Tuinroete-distrik se adjunkkommissaris, brig. Belinda Pather, gee aan die vroue 'n boodskap van hoop.
Die seremoniemeester, Megan Bruintjies (links), en 'n geleentheidspreker, Nalani Singh.
Dorra Bruiners (links) het 'n kers aangesteek as 'n belofte teen geweld op vroue en kinders, en ter herinnering aan naasbestaandes wat heengegaan het. Saam met haar is Megan Bruintjies.‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’