GEORGE NUUS - Aletta Witbooi (57) van Parkdene word sedert Woensdag 13 November vermis.
Sy is laas gesien by Teddy se Winkel in Scorpiostraat in Parkdene.
Witbooi het ‘n geel mussie, ‘n wit top met ‘n kappie (hoody) en blou tekkies aangehad.
Kolonel Abel Kriga van Conville-polisie het bevestig dat die saak ondersoek word.
Inligting oor die saak kan by enige polisiestasie aangemeld word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'