GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n Vrou van Groot-Brakrivier, die 26-jarige Dilene, ook bekend as ‘Moedertjie’ is sedert 28 Februarie vermis.
Polisiewoordvoerder, kst Laurianne Botha sê Dilene woon by Jonqwa op Voorbrug en is laas tussen 07:00 en 07:30 gesien terwyl sy na haar werk gestap het.
Dilene is bekend in die gemeenskap en werk by verskeie huishoudings as huishulp. Sy het ook tuinwerk gedoen.
Volgens die polisie is haar skoene en kosblik langs die pad naby Voorbrugweg gevind.
Sy het ‘n blou denim, Springbok T-hemp en swart baadjie aangehad. Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, ao Scheepters te kontak by 044 620 8300.
26-jarige Dilene.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'