GEORGE NUUS - 'n Bejaarde vrou van Pacaltsdorp is vroeër vandag dood in haar huis in Epeneta Jantjiestraat gevind.
Kolonel Hans Blaauw van die Pacaltsdorp-polisie het gesê hulle sal môre meer inligting aan die George Herald verskaf.
Na verneem is die oorledene voor die naweek laas lewend gesien.
'n Vriendin en nog 'n persoon het haar gaan besoek toe hulle op haar liggaam afkom.
Sy het alleen gewoon.
Lees die nuutste hier: Opvolg: Bejaarde vrou in haar huis vermoor
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'