Update
GEORGE NUUS - Die polisie het vanoggend bevestig dat hulle ‘n moordsaak ondersoek nadat die liggaam van ‘n 71-jarige vrou gistermiddag (Sondag, 6 Mei) in haar huis in Epeneta Jantjiesstraat gevind is.
Die oorledene, wie se identiteit later bekend gemaak sal word, het alleen gewoon en is verlede Vrydag laas lewend gesien.
Haar liggaam is in haar kamer op die bed gevind.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is daar vermoedelik by die vrou se huis ingebreek en vermoed hulle dat huisbraak en diefstal die motief vir die moord was.
“Daar was geen sigbare beserings aan die oorledene se liggaam nie. ‘n Lykskouing sal binnekort gehou word om die presiese oorsaak van dood vas te stel,” sê Pojie.
Lees 'n vorige artikel: Vrou dood in haar huis gevind
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'