GEORGE NUUSFLITS - Een jaar nadat pasiënte van Parkdene-kliniek betoog het, vind pasiëntwaarnemings nou in privaatheid plaas en is daar ook sekerheidswagte op die perseel.
Op Dinsdag 21 June 2016, het minstens 60 mense, buite die kliniek, aan 'n betoging oor privaatheid en veiligheid deelgeneem.
Die inwoners het hul bekommernisse uitgespreek teenoor hul privaatheid wat beperk is tydens pasiëntondersoeke en die gereelde inbrake by die nuutgeboude afdeling van die kliniek.
Op daardie stadium het die departement van gesondheids se mediawoordvoerder, Nadia Ferreira, gesê: "Wanneer nasionale departement van openbare werke die nuutgeboude afdeling aan die departement van gesondheid oorhandig, sal addisionele maatreëls in plek wees om veiligheid en privaatheid te verbeter."
Lees meer in Donderdag se George Herald, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'