GEORGE NUUS EN VIDEO - Die historiese tolhuis in die Montagupas is tydelik gesluit, maar beslis nie permanent nie.
Gerda Stols van die Vriende van die Tolhuis, het Maandag 11 Maart gesê op die oomblik word noodsaaklike onderhoudswerk binne die tolhuis gedoen. Dit beteken alles moet opgepak en uitgedra word.
Dit moes al lankal gebeur het en dit val ook saam met werk wat op die oomblik aan die Montagupas gedoen word.
Volgens haar sal daar wel iemand by die tolhuis wees om besoekers op die twee lang naweke in Maart en April te ontvang.
Besoekers kan dan koffie en pannekoek geniet deur 'n donasie te maak.
Die tolhuis is ook oop op afspraak vir groepe van minstens 10 mense. Die Camino-stappers word ook steeds daar ontvang.
Die plan is om die tolhuis weer na die skoolvakansie naweke oop te hê. Die tolhuis was sedert die tweede deel van Januarie net op Saterdae en Sondae oop.
Stols het 'n beroep op vrywilligers gedoen om te help, want sonder hulle kan die tolhuis nie oopbly nie.
Vrae oor die toekoms van die tolhuis het in Desember ontstaan en daar is toe selfs gespekuleer dat dit kan sluit. Die gebou is meer as 170 jaar oud. Die tydelike sluiting van die Montagupas is as een van die groot redes aangevoer waarom besoekersgetalle verlede jaar gedaal het.
VIDEO: Update on historic Montagu Pass
Vorige artikels:
- Tolhuis ontvang talle besoekers
- Tolhuis bly oop
- Maandag word oor die tolhuis besluit
- Kom drink koffie en eet pannekoek by die tolhuis
- Kommer neem toe oor Montagupas
- Sluiting van Montagupas raak sakeondernemings
- Tolhuis benadeel deur sluiting van pas
- George Erfenistrust is bekommerd oor Montagupas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’